Joshua 24:26 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Josua het hierdie woorde in die wetboek van God geskrywe en 'n groot klip geneem en dit daar opgerig onder 'n terpentynboom wat by die heiligdom van die HERE is.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het dit alles in die wetboek van God neergeskryf. Hy het ’n groot klip gekry en dit daar onder die groot eikeboom wat naby die heiligdom van die Here was, regop laat staan.
Afrikaans 1933/1953 En Josua het hierdie woorde in die wetboek van God geskrywe en 'n groot klip geneem en die daar opgerig onder die eikeboom wat by die heilige plek van die HERE is.
Afrikaans 1983 Hy het dié dinge in die wetboek van God opgeskryf, 'n groot klip gevat en dit daar onder 'n groot boom by die heiligdom van die Here regop gesit.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Josua het daardie woorde in die •boekrol met die Wet van God neergeskryf. Toe het hy 'n groot klip geneem en dit opgerig, daar onder die groot terebintboom wat by die heiligdom van die Here is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het dit opgeskryf in die Wetboek van God. Hy het 'n groot klip geneem en hy het dit daar regop gesit onder die groot boom by die tempel van die Here.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy het al die voorwaardes van hierdie ooreenkoms in die Wetboek van God neergeskryf. Om die volk aan hierdie ooreenkoms te herinner het Josua ’n groot klip gevat en dit onder die groot eikeboom langs die tabernakel neergesit.