Joshua 24:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Verwyder dan nou, sê hy, die vreemde gode wat onder julle is, en neig julle hart tot die HERE, die God van Israel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Goed,” sê Josua, “vernietig dan al die vreemde gode wat daar tussen julle is en verbind julle aan die Here die God van Israel alleen.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Verwyder dan nou die vreemde gode wat onder julle is, en neig julle hart tot die HERE, die God van Israel. |
| Afrikaans 1983 | Toe sê Josua: “Verwyder dan die vreemde gode tussen julle uit en wy julle heeltemal aan die Here die God van Israel.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Verwyder dan nou die vreemde gode in julle midde en rig julle harte op die Here, die God van Israel.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Josua sê toe: “Dan moet julle nou die ander volke se gode los en julle moet heeltemal aan die Here behoort, julle moet behoort aan die God van Israel.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Nou goed, dan moet julle onmiddellik ontslae raak van al hierdie vreemde gode wat nog onder julle is,” het Josua geantwoord. “Sweer trou aan die Here, die God van Israel.” |