Joshua 24:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Josua sê vir die volk: Julle is getuies teen julleself dat julle vir julle die HERE uitverkies het om Hom te dien. En hulle sê: Ons is getuies. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Julle staan self daarvoor in dat julle besluit het om die Here te aanbid,” het Josua vir die volk gesê. Hulle het geantwoord: “Ons staan daarvoor in.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop sê Josua aan die volk: Julle is getuies teen julleself dat julle vir julleself die HERE gekies het om Hom te dien. En hulle sê: Ons is getuies. |
| Afrikaans 1983 | Toe sê Josua vir die volk: “Julle is self getuies daarvan dat julle gekies het om die Here te dien,” en hulle antwoord: “Ons is.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daarop sê Josua vir die volk: “Julle is getuies teen julleself dat julle self die Here vir julle gekies het om te dien.” Hulle het geantwoord: “Ons is getuies.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Josua het vir die volk gesê: “Dan is julle getuies teen julleself dat júlle gekies het om die Here te dien.” En hulle het gesê: “Ja, ons is.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Onthou, julle is self verantwoordelik vir hierdie besluit,” het Josua toe vir hulle gesê. “Dit is julle eie keuse om die Here te dien. Julle sal self daarvoor moet instaan.” “Dit is goed so,” het die volk geantwoord. |