Joshua 24:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | As julle die HERE verlaat en vreemde gode dien, dan sal Hy julle bekeer en julle kwaad aandoen en julle vernietig nadat Hy julle goed gedoen het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As julle die Here verlaat en julle begin vreemde gode aanbid, sal Hy teen julle draai. Hy sal julle uitroei en met julle klaarspeel, selfs al het Hy julle voorheen goed behandel.” |
| Afrikaans 1933/1953 | As julle die HERE verlaat en vreemde gode dien, sal Hy julle weer kwaad aandoen en julle vernietig, nadat Hy aan julle goed gedoen het. |
| Afrikaans 1983 | As julle die Here verlaat en julle dien vreemde gode, sal Hy wat aan julle goed gedoen het, teen julle draai en rampe oor julle bring en 'n end aan julle maak.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | As julle die Here verlaat en vreemde gode dien, sal Hy julle weer kwaad aandoen en 'n einde aan julle maak, nadat Hy aan julle goed gedoen het.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | As julle die Here los en as julle gode van ander volke dien, dan sal Hy dit sleg laat gaan met julle en Hy sal julle almal laat sterf, Hy wat voorheen goed gedoen het aan julle.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As julle julle rug vir die Here draai en agter ander gode aanloop, sal Hy teen julle draai en julle baie swaar laat kry, ten spyte daarvan dat Hy nog altyd net goed was vir julle. Hy sal julle vernietig.” |