Joshua 24:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Josua het aan die hele volk gesê: So spreek die HERE, die God van Israel: Julle vaders het in die ou tyd oorkant die vloed gewoon, Tera, die vader van Abraham en die vader van Nahor; en hulle het ander gode gedien. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Josua sê toe vir die hele volk: “So sê die Here, die God van Israel: Julle voorouers, Tera, die pa van Abraham, en Nahor, het lank terug anderkant die Eufraatrivier gewoon. Hulle het afgode gedien. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe sê Josua aan die hele volk: So sê die HERE, die God van Israel: Oorkant die Eufraat het julle vaders van oudsher gewoon -- Tera, die vader van Abraham en die vader van Nahor, en hulle het ander gode gedien. |
| Afrikaans 1983 | Toe sê Josua vir die hele volk: “So sê die Here die God van Israel: Lank gelede het julle voorvaders — onder hulle was Tera, vader van Abraham en Nahor — anderkant die Eufraat gewoon en hulle het ander gode gedien. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Josua sê toe vir die hele volk: “So sê die Here, die God van Israel, ‘Anderkant die Rivier het julle voorvaders in die verre verlede gewoon – Tera, die vader van Abraham en Nahor – en hulle het ander gode gedien. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Josua het toe vir die hele volk gesê: “Die Here, die God van Israel, sê: Julle voorvaders het lank gelede anderkant die Eufraat-rivier gewoon. Dit was Tera en sy seuns Abraham en Nahor. En hulle het ander gode gedien. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe sê Josua vir die volk: “So sê die Here die God van Israel: Lank gelede het julle voorouers aan die oorkant van die Eufraat gewoon. Daar het hulle ’n klomp vreemde gode aanbid. Een van daardie voorouers was Tera, Abraham en Nahor se pa. |