Joshua 24:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê Josua aan die volk: Julle kan die HERE nie dien nie, want Hy is 'n heilige God; hy is 'n jaloerse God; hy sal jou oortredinge en jou sondes nie vergewe nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Josua het egter die volk gewaarsku: “Julle is nie in staat om die Here te aanbid nie. Hy is ’n heilige God. Hy eis onverdeelde getrouheid. Hy sal dit nie verdra as julle opstandig is en teen Hom oortree nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar Josua het vir die volk gesê: Julle kan die HERE nie dien nie, want Hy is 'n heilige God, Hy is 'n jaloerse God; Hy sal julle oortreding en julle sondes nie vergewe nie. |
| Afrikaans 1983 | Maar Josua het vir die volk gesê: “Julle kan nie die Here dien nie. Hy is 'n heilige God, Hy is 'n God wat onverdeelde trou eis en julle opstandigheid en sonde nie sal vergewe nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar Josua het vir die volk gesê: “Julle sal nie in staat wees om die Here te dien nie, want Hy is 'n heilige God, Hy is 'n besitlike God, Hy sal nie julle oortreding en sondes vergewe nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe sê Josua vir die volk: “Julle kan nie die Here dien nie, want Hy is 'n heilige God, Hy wil hê julle moet net vir Hom dien. Hy sal julle nie vergewe as julle opstandig is en sonde doen nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe sê Josua vir die volk: “Julle moenie dink dit is so maklik om die Here te dien nie. Hy is ’n heilige God wat sy groot Naam beskerm. Hy verwag dat mense Hom reg moet dien. Hy gaan nie maar net elke keer julle sonde en julle opstandigheid oorsien nie. |