Joshua 24:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die HERE het die hele volk voor ons uit verdrywe, die Amoriete wat in die land gewoon het; daarom sal ons ook die HERE dien; want Hy is ons God. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dit is die Here wat al die volke voor ons uit verdryf het. Dit is Hy wat die Amoriete wat in die land woon voor ons laat padgee het. Ons sal ook die Here aanbid. Hy is ons God.” |
| Afrikaans 1933/1953 | en die HERE het al die volke en die Amoriet, die inwoner van die land, voor ons uit verdrywe. Ook ons sal die HERE dien, want Hy is onse God. |
| Afrikaans 1983 | Die Here het al die volke voor ons uit verdryf, die Amoriete wat in die land gewoon het. Ook ons sal die Here dien. Hy is ons God.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Here het al die volke voor ons uitgedryf en die Amoriete wat in die land gewoon het. Ook ons sal die Here dien, want Hy is ons God.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het al die volke weggejaag om plek te maak vir ons, Hy het ook die Amoriete weggejaag wat in die land gewoon het. Ons sal ook die Here dien, want Hý is ons God.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dit is Hy wat die Amoriete en al die ander nasies wat in hierdie land gebly het, verdryf het. Ons gaan beslis ook die Here dien; Hy is ons God!” |