Joshua 24:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want dit is die HERE onse God wat ons en ons vaders uit Egipteland, uit die slawehuis, laat optrek het, en wat daardie groot tekens voor ons oë gedoen het en ons bewaar het op die hele pad waarop ons gegaan het, en onder al die volk deur wie ons deurgegaan het: |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dit is die Here ons God wat ons en ons voorouers uit die slaweplek van Egipte bevry het. Dit is Hy wat wonderlike tekens voor ons oë gedoen het. Dit is Hy wat ons langs die pad beskerm het toe ons tussen ander volke deur moes trek. |
| Afrikaans 1933/1953 | want die HERE onse God, dit is Hy wat ons en ons vaders uit Egipteland uit die slawehuis laat optrek het, en wat voor ons oë hierdie groot tekens gedoen het en ons bewaar het op die hele pad wat ons gegaan en onder al die volke waar ons dwarsdeur getrek het; |
| Afrikaans 1983 | Dit is die Here ons God wat ons en ons voorvaders uit Egipte, die plek van slawerny, gebring het. Hy het daardie groot wonders voor ons oë gedoen en Hy het ons beskerm op die hele pad wat ons gekom het en teen al die volke deur wie se gebiede ons getrek het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | want die Here ons God, Hy is die Een wat ons en ons voorouers uit Egipteland, uit die plek van slawerny, laat optrek het, en wat voor ons oë hierdie groot tekens van mag gedoen het. Hy het ons bewaar op die hele pad waarlangs ons gegaan het, en onder al die volke waar ons deurgetrek het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | want die Here is ons God. Dit is Hý wat ons en ons voorvaders uit Egipte gebring het, Hy het ons gebring uit die plek waar ons slawe was. Ons het die groot wonderwerke gesien wat Hy gedoen het. Hy het ons beskerm op die hele pad waar ons geloop het, Hy het ons beskerm teen die volke van al die lande waar ons gegaan het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here ons God het ons en ons voorouers van al die swaarkry daar in Egipte bevry. Ons het al die magtige wonders wat Hy gedoen het, met ons eie oë gesien. Die Here het ons beskerm, maak nie saak waar ons was of met watter mense ons te doen gekry het nie. |