Joshua 24:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Ek het aan julle 'n land gegee waarvoor julle nie gewerk het nie, en stede wat julle nie gebou het nie, en julle daarin woon; van die wingerde en olyfbome wat julle nie geplant het nie, eet julle.
Afrikaans (NLV) 2011 “Ek het julle ’n land gegee waarvan julle nie die grond bewerk het nie, en ook nie sy stede gebou het nie. Julle bly nou daarin en julle leef van wingerde en olyfboorde wat julle nie self geplant het nie.
Afrikaans 1933/1953 So het Ek julle dan 'n land gegee waar julle nie aan gearbei en stede wat julle nie gebou het nie, dat julle daarin kan woon; wingerde en olyfbome wat julle nie geplant het nie, daar eet julle van.
Afrikaans 1983 “Ek het julle 'n land gegee wat julle nie bewerk het nie, stede wat julle nie gebou het nie, maar waar julle kon gaan woon; julle eet van wingerde en olyfboorde wat julle nie geplant het nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek het vir julle land gegee waarvoor julle nie hard gewerk het nie, dorpe wat julle nie gebou het nie, waar julle woon, en wingerde en olyfboorde wat julle nie geplant het nie, maar waarvan julle eet.’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek het vir julle 'n land gegee waar julle nie gewerk het nie en stede wat julle nie self gebou het nie. Julle het daar gaan woon en julle het druiwe en olywe geëet van wingerdstokke en olyfbome wat julle nie geplant het nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek het vir julle ’n land gegee waarvan julle nie die lande bewerk het of die stede gebou het nie. Vandag bly julle in daardie stede en eet julle druiwe van wingerde en olywe van olyfbome wat julle nie self geplant het nie.