Joshua 24:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Ek het die perdebye voor jou uit gestuur, wat hulle voor jou uit verdryf het, naamlik die twee konings van die Amoriete; maar nie met jou swaard of met jou boog nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek het die twee Amoritiese konings voor julle uit verdryf. Julle het hulle nie met julle swaarde en julle boë oorwin nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | en perdebye voor julle uit gestuur, wat hulle voor julle uit verdryf het, -- die twee konings van die Amoriete -- nie deur jou swaard en nie deur jou boog nie. |
| Afrikaans 1983 | Ek het al vantevore die twee Amoritiese konings laat moed verloor, en dít het hulle voor julle uit verdryf, nie julle swaarde en julle pyl en boë nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek het 'n vlaag paniek voor julle uit gestuur en dit het hulle, die twee konings van die Amoriete, voor julle uitgedryf. Dit was nie deur julle swaarde en boë nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit was nie júlle wapens wat hulle oorwin het nie. Ék het hulle bang laat word, en hulle het gevlug soos die twee konings van die Amoriete. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daarom, toe die twee Amoritiese konings hoor dat julle op pad is, het hulle klaar moed opgegee. Dit was nie omdat hulle bang was vir julle swaarde en pyle en boë nie, maar omdat Ek aan julle kant was. |