Joshua 24:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En julle het deur die Jordaan getrek en by Jérigo aangekom, en die manne van Jérigo het teen julle geveg, die Amoriete en Feresiete en die Kanaäniete en Hetiete en Girgasiete, die Hewiete en Jebusiete; en Ek het hulle in jou hand gegee. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Julle het toe deur die Jordaan getrek en by Jerigo uitgekom. Die mense van Jerigo het teen julle geveg. Ook die Amoriete, Feresiete, Kanaäniete, Hetiete, Girgasiete, Hewiete en Jebusiete het teen julle oorlog gemaak. Ek het egter almal van hulle in julle mag oorgegee. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe julle die Jordaan deurgetrek en by J,rigo gekom het, het die burgers van J,rigo, die Amoriete en Feresiete en Kanaäniete en Hetiete en Girgasiete, die Hewiete en Jebusiete teen julle geveg; maar Ek het hulle in julle hand gegee |
| Afrikaans 1983 | “Julle het deur die Jordaan getrek en by Jerigo gekom. Die mense wat in besit was van Jerigo, die Amoriete, Feresiete, Kanaäniete, Hetiete, Girgasiete, Hewiete en Jebusiete, het teen julle oorlog gemaak, maar Ek het hulle in julle mag oorgegee. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Julle het toe die Jordaan oorgesteek en by Jerigo aangekom. Die burgers van Jerigo, die Amoriete, die Feresiete, die Kanaäniete, die Hetiete, die Girgasiete, die Hewiete en Jebusiete, het teen julle oorlog gemaak, maar Ek het hulle in julle hand gegee. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle het oor die Jordaan-rivier gegaan en by die stad Jerigo gekom. Die mense van Jerigo het oorlog gemaak teen julle. Dit was die Amoriete en Feresiete en Kanaäniete en Hetiete en Girgasiete en Hewiete en Jebusiete. Maar Ek het julle laat wen teen hulle. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Van daar af het julle deur die Jordaan getrek tot by Jerigo, waar hulle teen julle oorlog gemaak het. Buiten hulle was daar ook die Amoriete, die Feresiete, die Kanaäniete, die Hetiete, die Girgasiete, die Hewiete en die Jebusiete wat teen julle oorlog gemaak het. Maar deur my toedoen het julle hulle almal verslaan. |