Joshua 24:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Josua het al die stamme van Israel in Sigem versamel en die oudstes van Israel en hulle hoofde en hulle regters en hulle beamptes geroep; en hulle het hulle voor God gestel.
Afrikaans (NLV) 2011 Josua het al die stamme van Israel by Sigem laat bymekaarkom. Hy het al die leiers van Israel, hulle hoofde, hulle regters en hulle ampsdraers opgeroep om voor God te verskyn.
Afrikaans 1933/1953 Daarna het Josua al die stamme van Israel byeen laat kom in Sigem, en hy het die oudstes van Israel en sy hoofde en sy regters en sy opsigters laat roep, en hulle het hul voor die aangesig van God gestel.
Afrikaans 1983 Josua het al die stamme van Israel bymekaargebring in Sigem. Hy het die leiers van Israel, die hoofde, die regters en die ampsdraers geroep, en hulle het hulle plekke kom inneem in die teenwoordigheid van God.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Josua het al die stamme van Israel in Sigem byeen laat kom. Hy het die oudstes van Israel, hulle hoofde, hulle regters en opsieners opgeroep, en hulle het in die teenwoordigheid van God gaan staan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Josua het al die stamme van Israel laat bymekaarkom by die stad Sigem. Hy het die leiers, die hoofde, die regters en die voormanne geroep, en hulle het voor God kom staan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Josua het al die stamme van Israel by Sigem bymekaar laat kom. Toe het hy al die leiers van Israel, die hoofde, die regters en die ampsdraers by die heiligdom in die teenwoordigheid van God laat vergader.