Joshua 23:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) dat julle nie onder hierdie nasies kom nie, dié wat onder julle oorbly; en moenie die naam van hulle gode noem en by hulle laat sweer nie, en dien hulle nie en buig julle nie voor hulle nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Moenie julle vereenselwig met hierdie nasies wat nog tussen julle oor is nie. Moenie eers hulle gode se name noem nie. Moenie hulle name gebruik wanneer julle ’n belofte maak nie. Julle moenie enigiets vir hulle doen of hulle aanbid nie.
Afrikaans 1933/1953 dat julle met hierdie nasies wat met julle saam oorgebly het, nie meng nie; julle mag ook die naam van hulle gode nie vermeld en daarby nie laat sweer nie, en julle mag hulle nie dien en julle voor hulle nie neerbuig nie;
Afrikaans 1983 dat julle nie by hierdie nasies kom wat nog tussen julle woon, en die naam van hulle gode aanroep en in hulle naam 'n eed aflê en hulle dien en voor hulle buig nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) om nie met hierdie nasies wat by julle oorgebly het, om te gaan nie. Die name van hulle gode mag julle nie aanroep nie en nie daarby sweer nie. Julle mag hulle nie dien nie, en nie voor hulle in aanbidding buig nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moenie vriende word van die volke wat nog hier by julle is nie. Julle moenie tot hulle gode bid en hulle name noem wanneer julle iets belowe nie. Julle moenie hulle dien en voor hulle buig nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) ***