Joshua 23:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die HERE jou God, Hy sal hulle voor jou uit verdryf en hulle voor jou aangesig verdryf; en julle sal hulle land in besit neem soos die HERE julle God aan julle beloof het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here julle God sal dié wat oor is, voor julle uit verjaag. Hy sal hulle verdryf sodat julle ook hulle grond kan oorneem. Dit is wat die Here julle God julle beloof het. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die HERE julle God self sal hulle voor julle verjaag en hulle voor julle uit verdrywe, sodat julle hulle land in besit kan neem soos die HERE julle God julle beloof het. |
| Afrikaans 1983 | Die Here julle God sal hulle wegstoot voor julle en hulle voor julle uit verdrywe sodat julle hulle land in besit kan neem soos die Here julle God julle beloof het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Here julle God, Hy sal hulle voor julle wegstoot en hulle voor julle verdryf, sodat julle hulle land in besit kan neem, soos die Here julle God julle beloof het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle God die Here, Hy self sal die volke wat nog hier is, wegstoot en wegjaag om plek te maak vir julle. Julle God die Here het dit vir julle belowe. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hierdie land sal aan julle behoort, want die Here julle God sal al die mense wat nou daar bly, voor julle uit laat vlug. Julle sal daar bly, nie hulle nie. Dit is die Here julle God se belofte. |