Joshua 23:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Kyk, Ek het hierdie nasies wat oorgebly het vir julle deur die lot verdeel, om 'n erfdeel te wees vir julle stamme, van die Jordaan af, met al die nasies wat Ek uitgeroei het, tot by die Groot See in die weste.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek het die gebiede van al die nasies wat nog oorgebly het onder julle verdeel, sowel hulle wat nog oorwin moet word as dié van al die nasies wat ek alreeds uitgeroei het. Dit is almal van die Jordaan af tot by die Middellandse See in die weste waar die son ondergaan.
Afrikaans 1933/1953 Kyk, ek het hierdie nasies wat nog oorgebly het, as erfdeel aan julle laat val, aan julle stamme, van die Jordaan af -- met al die nasies wat ek uitgeroei het -- tot by die Groot See in die weste.
Afrikaans 1983 Ek het saam met die gebiede van al die nasies wat ek uitgeroei het, ook dié van die nasies wat nog oorbly, as eiendom aan julle stamme toegeken: van die Jordaan af tot by die Groot See in die weste.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Kyk, ek het die land van hierdie nasies wat oorgebly het en van al die nasies wat Ek uitgeroei het, as erfdeel aan julle stamme laat toeval, van die Jordaan af tot by die Groot See in die weste.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle weet dat ek hierdie grond vir julle stamme gegee het, die grond van die Jordaan-rivier tot by die Groot See in die weste. Dit was voorheen die grond van die volke wat ek doodgemaak het, en ook van volke wat nog hier is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek het saam met die gebiede wat ek reeds verower het, ook die gebiede wat nog nie verower is nie, as besitting aan julle gegee: van die Jordaan af in die ooste tot by die Middellandse See in die weste.