Joshua 23:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En julle het alles gesien wat die HERE julle God aan al hierdie nasies gedoen het om julle ontwil; want die HERE julle God is Hy wat vir julle geveg het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Julle het gesien wat die Here julle God alles ter wille van julle met hierdie nasies gedoen het. Hy het aan julle kant geveg. |
| Afrikaans 1933/1953 | en julle het self gesien alles wat die HERE julle God aan al hierdie nasies voor julle uit gedoen het; want die HERE julle God, Hy het vir julle gestry. |
| Afrikaans 1983 | Julle het gesien wat die Here julle God alles aan hierdie nasies gedoen het ter wille van julle. Dit is Hy, die Here julle God, wat die oorlog vir julle gevoer het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Julle het self alles gesien wat die Here julle God gedoen het aan al hierdie nasies, ter wille van julle. Die Here julle God, Hy is immers die Een wat vir julle geveg het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle het self alles gesien wat julle God die Here vir julle gedoen het met hierdie volke. Want julle God die Here, Hy self het oorlog gemaak sodat julle die vyande kon oorwin. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Julle het alles gesien en beleef wat die Here julle God tydens my leeftyd vir julle gedoen het. Julle het gesien hoe Hy namens julle teen julle vyande opgetree het. |