Joshua 23:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | As julle die verbond van die HERE julle God wat Hy julle beveel het, oortree het, en gegaan het en ander gode dien en julle voor hulle neerbuig; dan sal die toorn van die HERE teen julle ontvlam, en julle sal gou omkom uit die goeie land wat Hy aan julle gegee het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As julle die verbond verbreek wat die Here julle God met julle gemaak het en julle loop agter ander gode aan om hulle te dien en hulle te aanbid, sal die Here se woede teen julle losbreek en julle sal in ’n oogwink verdwyn uit hierdie mooi land wat Hy vir julle gegee het.” |
| Afrikaans 1933/1953 | As julle die verbond van die HERE julle God wat Hy julle beveel het, oortree en ander gode gaan dien en julle voor hulle neerbuig, dan sal die toorn van die HERE teen julle ontvlam, en julle sal gou omkom uit die goeie land wat Hy aan julle gegee het. |
| Afrikaans 1983 | As julle die verbondsverpligtings wat die Here julle God julle opgelê het, nie hou nie en julle dien ander gode en buig voor hulle, sal die toorn van die Here teen julle ontvlam en sal julle gou verdwyn uit die goeie land wat Hy julle gegee het.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wanneer julle die verbond van die Here julle God oortree, wat Hy julle beveel het, en ander gode gaan dien en voor hulle in aanbidding buig, sal die toorn van die Here teen julle ontbrand, en julle sal vinnig verdwyn van die goeie land af wat Hy vir julle gegee het.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | As julle nie doen wat julle God die Here vir julle in sy verbond gesê het nie en as julle ander gode gaan dien en julle buig voor hulle, dan sal die Here kwaad word vir julle en julle sal gou verdwyn uit die goeie land wat Hy vir julle gegee het.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As julle die Here julle God se ooreenkoms met julle verbreek deur ander gode te dien, sal Hy julle in sy woede straf. Dan sal dit nie lank wees nie, dan is daar nie meer een van julle oor in hierdie land wat Hy vir julle gegee het nie.” |