Joshua 23:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom sal dit gebeur, soos alle goeie dinge oor jou gekom het wat die HERE jou God jou beloof het; so sal die HERE al die slegte dinge oor julle bring totdat Hy julle uit hierdie goeie land verdelg het wat die HERE julle God aan julle gegee het.
Afrikaans (NLV) 2011 Net so seker soos die Here julle God elke goeie ding wat Hy vir julle beloof het, laat gebeur het, net so seker sal Hy al die teëspoed oor julle bring wat Hy beloof het as julle aan Hom ongehoorsaam is. Hy sal julle uitroei uit hierdie mooi land wat Hy vir julle gegee het.
Afrikaans 1933/1953 Maar soos al die goeie woorde oor julle gekom het wat die HERE julle God oor julle gespreek het, so sal die HERE oor julle al die onheilswoorde laat kom, totdat Hy julle verdelg het uit hierdie goeie land wat die HERE julle God aan julle gegee het.
Afrikaans 1983 Maar net soos elke goeie belofte wat die Here julle God oor julle gemaak het, nagekom is, so sal Hy elke ramp oor julle bring wat Hy aangekondig het, totdat Hy julle uitgeroei het uit hierdie goeie land wat Hy julle gegee het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Soos elke goeie belofte wat die Here julle God aan julle gemaak het, vir julle vervul is, so sal die Here elke woord van onheil oor julle vervul, totdat Hy julle uitgedelg het van hierdie goeie grond af wat die Here julle God vir julle gegee het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die goeie dinge het gebeur wat julle God die Here vir julle belowe het, maar as julle ongehoorsaam is, dan sal Hy ook elke slegte ding laat gebeur wat Hy gesê het. Dit sal aanhou totdat Hy julle almal laat verdwyn het uit hierdie goeie land wat Hy vir julle gegee het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar net soos die Here julle God elke goeie belofte wat Hy gemaak het, nagekom het, so seker sal Hy ook elke dreigement teen julle as julle ontrou is, laat waar word. As julle die rug vir Hom draai, sal daar nie een van julle in hierdie land oorbly wat Hy vir julle gegee het nie.