Joshua 23:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En kyk, ek gaan vandag die weg van die hele aarde, en julle weet in julle hele hart en in julle hele siel dat nie een ding misluk het van al die goeie dinge wat die HERE julle God oor julle gespreek het nie; alles het by julle gebeur, en nie een ding het daaraan misluk nie.
Afrikaans (NLV) 2011 “Ek sal binnekort sterf. Julle moet egter in julle diepste binnekant oortuig wees dat al die wonderlike dinge wat die Here julle God vir julle beloof het, alles reeds plaasgevind het. Daar is nie een van hulle nog uitstaande nie.
Afrikaans 1933/1953 En kyk, ek gaan vandag die weg van die ganse aarde, maar julle moet erken met jul hele hart en met jul hele siel dat nie een woord van al die goeie woorde wat die HERE julle God oor julle gespreek het, onvervuld gebly het nie; alles het vir julle uitgekom, nie een woord daarvan het onvervuld gebly nie.
Afrikaans 1983 “Self gaan ek nou die pad van almal op aarde. Julle weet met julle hele hart en siel dat nie een van al die goeie beloftes wat die Here julle God oor julle gemaak het, onvervul gebly het nie. Almal het uitgekom. Nie een belofte het onvervul gebly nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Kyk, ek loop vandag die pad van almal op aarde. Erken met julle hele hart en julle hele wese dat nie een woord van al die goeie beloftes wat die Here julle God teenoor julle uitgespreek het, onvervuld gebly het nie; alles is vir julle vervul, nie een woord daarvan het onvervuld gebly nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Luister na my, ek sal nou sterf, dit is die pad wat almal op die aarde moet loop. Julle weet baie goed dat al die goeie dinge gebeur het wat julle God die Here vir julle belowe het. Elke woord wat Hy gesê het, het waar geword.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Ek gaan binnekort sterf soos enige ander mens. En julle weet baie goed dat die Here elke belofte wat Hy nog aan julle gemaak het, vervul het. Nie een van sy beloftes het onvervuld gebly nie.