Joshua 23:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Weet vir seker dat die HERE jou God nie meer een van hierdie nasies voor jou uit sal verdrywe nie; maar hulle sal vir julle strikke en strikke wees en gésele in julle sye en dorings in julle oë, totdat julle omkom uit hierdie goeie land wat die HERE julle God julle gegee het.
Afrikaans (NLV) 2011 moet julle nou al weet dat die Here julle God hierdie nasies nie verder voor julle uit gaan verdryf nie. Hulle sal ’n lokval vir julle word, ’n pyn in die heup en ’n doring in die oog wat julle sal laat verdwyn uit hierdie mooi land wat die Here julle God vir julle gegee het.
Afrikaans 1933/1953 weet dan verseker dat die HERE julle God nie langer hierdie nasies voor julle uit sal verdrywe nie; maar hulle sal vir julle 'n vangnet en 'n strik wees en 'n angel in julle sye en dorings in julle oë, totdat julle omkom uit hierdie goeie land wat die HERE julle God aan julle gegee het.
Afrikaans 1983 weet dan seker dat die Here julle God hierdie nasies nie verder sal verdryf voor julle uit nie. Hulle sal vir julle strikke en wippe word, swepe op julle rûe en skerp dorings in julle oë, en uiteindelik sal julle verdwyn uit hierdie goeie land wat die Here julle God aan julle gegee het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) weet dan vir seker dat die Here julle God hierdie nasies nie langer voor julle sal verdryf nie. Hulle sal vir julle 'n vangnet en 'n valstrik word, 'n sweep vir julle sye en dorings in julle oë, totdat julle verdwyn van hierdie goeie grond af wat die Here julle God vir julle gegee het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) As julle dit doen, dan moet julle weet dat die Here sal ophou om hierdie volke weg te jaag om plek te maak vir julle, dit is seker. En dan sal hulle vir julle word soos vangnette en vangstrikke, soos swepe wat julle slaan en dorings wat in julle oë steek. Dit sal aanhou totdat julle weg is uit hierdie goeie land wat julle God die Here vir julle gegee het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) moet julle vir seker weet dat die Here julle God julle nie langer sal beskerm nie. Trouens, hulle sal vir julle net so gevaarlik wees soos ’n strik vir ’n voël of ’n gat in die grond wat jy nie kan sien nie en waarin jy kan val en seerkry. As julle in hulle hande beland, sal dit voel of julle met ’n sweep geslaan word en of daar dorings in julle oë gevryf word. Dan sal julle permanent uit die land wat die Here julle God vir julle gegee het, weggejaag word.