Joshua 23:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Anders as julle op enige manier doen, gaan terug en hou aan die oorblyfsel van hierdie nasies, die wat onder julle oorbly, en moet met hulle trou en by hulle ingaan, en hulle by julle;
Afrikaans (NLV) 2011 As julle die Here laat los en julle vermeng met hierdie ander nasies wat tussen julle oor is en met hulle begin trou en saam met hulle leef,
Afrikaans 1933/1953 want as julle ooit mag afwyk en hierdie nasies aanhang wat nog met julle saam oorgebly het, en julle met hulle verswaer en julle met hulle en hulle met julle meng,
Afrikaans 1983 As julle egter 'n ander pad loop en julle verbind aan die mense wat oor is van hierdie nasies wat nog tussen julle woon, en julle ondertrou met hulle en julle kom by hulle, en hulle by julle,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Want as julle ooit wegdraai en julle verbind met die res van hierdie nasies wat by julle oorgebly het, met hulle ondertrou, julle met hulle omgaan en hulle met julle,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moenie ophou om die Here te dien nie en julle moenie vriende word van die mense van hierdie volke wat nog hier is nie. Julle moenie met hulle trou nie en julle moenie by hulle kom nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As julle aan Hom ontrou word en by die ander nasies wat nog onder julle woon, gaan bly en hulle gewoontes aanleer en met hulle ondertrou,