Joshua 23:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Een man van julle sal duisend agtervolg; want dit is die HERE julle God wat vir julle veg, soos Hy julle beloof het.
Afrikaans (NLV) 2011 Een van julle kan selfs duisend van hulle op loop jaag, want die Here julle God veg aan julle kant. Dit is wat Hy julle beloof het.
Afrikaans 1933/1953 Een man uit julle het duisend agtervolg; want die HERE julle God, Hy het vir julle gestry soos Hy julle beloof het.
Afrikaans 1983 Een van julle jaag 'n duisend op loop, want dit is die Here julle God wat die oorlog vir julle voer soos Hy julle beloof het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Net een van julle jaag 'n duisend op loop; want die Here julle God, Hy is die Een wat vir julle veg soos Hy julle beloof het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Een van julle manne kan 1 000 vyande jaag, want julle God die Here, Hy self het vir julle gehelp om oorlog te maak, Hy het dit vir julle belowe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Een van julle sou genoeg wees om ’n oormag aan te durf, nie omdat julle so sterk is nie, maar omdat die Here julle God aan julle kant is, net soos Hy belowe het.