Joshua 22:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die kinders van Ruben en die kinders van Gad en die halwe stam van Manasse het teruggekeer en van die kinders van Israel af weggetrek uit Silo wat in die land Kanaän is, om na die land Gílead te gaan, na die land van hulle besitting waarvan hulle in besit geneem is, volgens die woord van die HERE deur die diens van Moses.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Rubeniete en Gadiete en die mans van die halwe Manassestam het die ander Israeliete in Silo in Kanaän agtergelaat. Hulle het teruggegaan na Gilead, na hulle grond wat hulle verower het, soos die Here hulle deur Moses beveel het.
Afrikaans 1933/1953 So het die kinders van Ruben en die kinders van Gad en die halwe stam van Manasse dan teruggegaan, en hulle het weggetrek van die kinders van Israel af, uit Silo wat in die land Kanaän lê, om te gaan na die land G¡lead, na die land van hulle besitting waarin hulle, op bevel van die HERE deur die diens van Moses, vaste besittings verkry het.
Afrikaans 1983 Die stamme Ruben en Gad en die halwe Manassestam is toe van die Israeliete in Silo in Kanaän af weg om na Gilead toe te gaan, na hulle eie gebied wat in besit geneem is op die bevel van die Here deur Moses.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die nageslag van Ruben en Gad, en die halwe stam van Manasse, het omgedraai en weggegaan van die Israeliete af, van Silo af wat in die land Kanaän is, om na die landstreek Gilead te gaan, na die streek van hulle erfgrond waar hulle hulle gevestig het op bevel van die Here by monde van Moses.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die manne van die stamme Ruben en Gad en die halwe Manasse-stam het toe teruggegaan. Hulle het weggegaan van die ander Israeliete by die stad Silo in die land Kanaän. Hulle het na die land Gilead gegaan, die land wat aan hulle behoort. Die Here het vir Moses gesê hulle moet daardie land vat.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die stamme van Ruben, Gad en die halwe Manassestam het die Israeliete by Silo in Kanaän agtergelaat en die terugtog aangepak na hulle eie gebied toe in Gilead. Hierdie gebied het aan hulle behoort, soos die Here vroeër vir Moses gesê het.