Joshua 22:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het met hulle gespreek en gesê: Keer terug met baie rykdom na julle tente en met baie vee, met silwer en goud en met koper en yster en met baie klere; verdeel die buit van julle vyande met jou broers.
Afrikaans (NLV) 2011 en vir hulle gesê: “Gaan terug en deel alles wat julle by julle vyande afgeneem het met julle families by die huis. Deel julle rykdom met hulle, julle groot troppe vee, die silwer, goud, koper en yster, en die baie klere wat julle gekry het.”
Afrikaans 1933/1953 en met hulle gespreek en gesê: Gaan terug na julle tente met groot rykdomme en 'n menigte van vee, met silwer en goud en koper en yster en baie klere; deel die buit van julle vyande saam met julle broers.
Afrikaans 1983 het hy vir hulle gesê: “Gaan terug na julle woonplekke toe met groot rykdom, met groot troppe vee, met silwer, goud, koper en yster, met baie klere, maar deel die buit wat julle van julle vyande gevat het, met julle stamgenote.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) vir hulle gesê: “Keer terug na julle woonplekke met rykdom in oorvloed – met besonder baie vee, met silwer en goud, brons en yster en met 'n groot hoeveelheid klere. Deel die buit wat van julle vyande af kom met julle broers.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het vir hulle gesê: “Julle mag teruggaan na julle woonplekke met die baie goed, die groot troppe beeste, skape en bokke, die silwer en goud en brons en yster, en die baie klere wat julle van die vyande gevat het. Maar julle moet vir die ander mense in julle stamme ook van daardie goed gee.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) ***