Joshua 22:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En aan die een helfte van die stam van Manasse het Moses in Basan besit gegee, maar aan die ander helfte daarvan het Josua onder hulle broers aan die weskant van die Jordaan gegee. En toe Josua hulle ook na hulle tente weggestuur het, het hy hulle geseën, |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Moses het vir die een helfte van die Manassestam grond in Basan gegee. Josua het vir die ander helfte van die stam grond wes van die Jordaan saam met die ander stamme gegee. Toe Josua hulle nou terugstuur na hulle woonplekke toe, het hy hulle geseën |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar aan die een helfte van die stam van Manasse het Moses in Basan 'n erfdeel gegee, en aan die ander helfte daarvan het Josua 'n deel gegee saam met hulle broers, duskant die Jordaan in die weste. En toe Josua hulle laat gaan het na hul tente, het hy hulle ook geseën |
| Afrikaans 1983 | Vir die een helfte van die Manassestam het Moses 'n gebied in Basan gegee, en vir die ander helfte het Josua wes van die Jordaan 'n gebied gegee saam met die ander stamme. Toe Josua die stamme na hulle woonplekke toe laat gaan met 'n seënwens, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Vir die halwe stam van Manasse het Moses grond in Basan gegee; en vir die ander helfte van die stam het Josua grond gegee by hulle broers, aan die ander kant, aan die westekant van die Jordaan. Josua het ook, toe hy hulle na hulle woonplekke weggestuur en hulle geseën het, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Moses het vir die een helfte van die Manasse-stam grond gegee in die land Basan, en Josua het vir die ander helfte van die stam grond gegee by die ander Israeliete wes van die Jordaan-rivier. Josua het hulle laat gaan na hulle woonplekke en hy het hulle geseën. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | *** |