Joshua 22:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Josua het hulle geseën en hulle weggestuur, en hulle het na hulle tente gegaan.
Afrikaans (NLV) 2011 Josua het hulle seën toegewens en hulle weggestuur. Hulle is toe terug na hulle eie woonplek toe.
Afrikaans 1933/1953 So het Josua hulle dan geseënen hulle laat gaan; en hulle het getrek na hul tente toe.
Afrikaans 1983 Josua het hulle met 'n seënwens laat gaan, en hulle is na hulle woonplekke toe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Josua het hulle geseën en weggestuur, en hulle het na hulle woonplekke gegaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Josua het hulle geseën en hy het hulle laat gaan, en hulle het na hulle woonplekke gegaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) [6-8] Toe het Josua hulle met sy seën huis toe gestuur en gesê: “Julle gaan as ryk mense huis toe met baie vee, silwer, goud, brons, yster en mooi klere. Gaan deel hierdie rykdom met julle broers wanneer julle by die huis kom.” Hulle is toe daar weg huis toe. Moses het mos die gebied oos van die Jordaan vir die een helfte van die Manassestam gegee en Josua die deel aan die westekant vir die ander helfte.