Joshua 22:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En nou het die HERE julle God rus gegee aan julle broers, soos Hy hulle beloof het; daarom gaan julle nou terug en gaan na julle tente en na die land van julle besitting wat Moses, die kneg van die HERE aan die anderkant aan julle gegee het, kant Jordaan.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here julle God het soos Hy beloof het, vir julle volksgenote permanente blyplek gegee. Julle kan nou omdraai en teruggaan na julle woonplekke toe, na die grond wat Moses, die dienaar van die Here, vir julle oorkant die Jordaanrivier gegee het.
Afrikaans 1933/1953 Maar nou het die HERE julle God jul broers rus gegee, soos Hy hulle beloof het; draai dan nou om en gaan na julle tente, na die land van julle besitting wat Moses, die kneg van die HERE, julle oorkant die Jordaan gegee het.
Afrikaans 1983 Nou het Hy aan julle broers 'n woonplek gegee soos Hy hulle beloof het. Gaan nou terug na julle eie woonplekke toe, na julle eie gebied oorkant die Jordaan wat Moses die dienaar van die Here aan julle toegeken het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En nou het die Here julle God vir julle broers rus gegee, soos Hy hulle beloof het. Julle moet dan nou omdraai en na julle woonplekke gaan, na die land van julle erfgrond, wat Moses, die dienskneg van die Here, vir julle gegee het oorkant die Jordaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En nou het julle God die Here die ander Israeliete laat wen teen hulle vyande, Hy het dit vir hulle belowe. Gaan nou terug na julle woonplekke in die land wat aan julle behoort, die land oos van die Jordaan-rivier. Dit is die land wat Moses, die dienaar van die Here, vir julle gegee het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Nou het die Here julle God sy belofte aan julle broers nagekom en hulle bly in vrede in hulle land. Julle kan nou teruggaan na julle eie land toe wat Moses vir julle gegee het, daar aan die oostekant van die Jordaan.