Joshua 22:34 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die kinders van Ruben en die kinders van Gad het die altaar Ed genoem, want dit sal 'n getuie tussen ons wees dat die HERE God is.
Afrikaans (NLV) 2011 Die mense van Ruben en Gad het die gedenkaltaar “Getuienis” genoem. Hulle het gesê: “Dit is die getuienis tussen hulle en ons dat die Here ook ons God is.”
Afrikaans 1933/1953 En die kinders van Ruben en die kinders van Gad het die altaar genoem: Hy is getuie tussen ons dat die HERE God is.
Afrikaans 1983 Die mense van Ruben en Gad het die altaar 'n naam gegee, en gesê: “Hy is die getuie tussen ons dat die Here God is.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die nageslag van Ruben en Gad het vir die altaar 'n naam gegee: “Dit is 'n getuie tussen ons dat die Here God is.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die mense van Ruben en Gad het vir die altaar 'n naam gegee en gesê: “Die altaar is die getuie tussen ons, dit sê die Here is God.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die mense van Ruben en Gad het die altaar “Getuie” genoem, “want,” het hulle gesê, “dit dien as getuie dat die Here God is.”