Joshua 22:33 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die saak het die kinders van Israel behaag; en die kinders van Israel het God geprys en nie van plan om teen hulle op te trek in die oorlog om die land te verwoes waarin die kinders van Ruben en Gad gewoon het nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die ander Israeliete was tevrede. Hulle het God geloof. Daar was nie langer sprake daarvan om oorlog te gaan maak en die gebied van die Rubeniete en Gadiete te verwoes nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die antwoord was goed in die oë van die kinders van Israel, en die kinders van Israel het God geprys; en hulle het daar nie meer van gespreek om teen hulle op kommando te trek, om die land waarin die kinders van Ruben en die kinders van Gad gewoon het, te verwoes nie. |
| Afrikaans 1983 | Die Israeliete was tevrede en het God geprys. Hulle het afgesien van die plan om die mense van Ruben en Gad te gaan aanval en die gebied waar hulle woon, te verwoes. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die verslag het byval gevind by die Israeliete, en hulle het God geprys. Daar was nie meer sprake daarvan om teen hulle op te trek vir die stryd en die land waar die nageslag van Ruben en Gad woon, te verwoes nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Israeliete was toe tevrede en hulle het God geprys. Hulle het besluit om nie oorlog te maak teen daardie stamme nie en om nie die land te verwoes waar hulle woon nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Israeliete was tevrede met wat hulle gehoor het en hulle het God geloof. Hiermee was al hulle oorlogspraatjies ook op ’n end. |