Joshua 22:32 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Pinehas, die seun van Eleásar, die priester, en die vorste, het teruggekeer van die kinders van Ruben en van die kinders van Gad, uit die land Gílead, na die land Kanaän, na die kinders van Israel, en hulle laat weet weer. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Pinehas, die seun van die priester Eleasar, en die tien leiers het toe teruggekom van die mense van Ruben en Gad in Gilead. Hulle is terug na die ander Israeliete in Kanaän om aan hulle verslag te doen. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop het P¡nehas, die seun van Ele sar, die priester, en die ouerstes teruggekeer van die kinders van Ruben en die kinders van Gad, uit die land G¡lead na die land Kanaän, na die kinders van Israel, en hulle 'n antwoord gebring. |
| Afrikaans 1983 | Pinehas seun van die priester Eleasar en die volksleiers is toe terug van die mense van Ruben en Gad af uit Gilead na Kanaän, na die Israeliete toe en het verslag gedoen. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Pinehas, seun van die priester Eleasar, en die leiers het teruggekeer van die nageslag van Ruben en Gad, van die Gileadstreek af na die land Kanaän, na die Israeliete, en aan hulle verslag gelewer. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Pinehas seun van die priester Eleasar en die leiers het weggegaan van die stamme in die land Gilead. Hulle het na die ander Israeliete toe gegaan en hulle het vir die ander Israeliete gesê wat hulle gehoor het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hiermee is Pinehas die seun van die priester Eleasar en die ander leiers van die volk uit Gilead weg, terug Kanaän toe om aan die Israeliete te gaan rapporteer. |