Joshua 22:31 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Pinehas, die seun van Eleásar, die priester, het aan die kinders van Ruben en die kinders van Gad en die kinders van Manasse gesê: Vandag sien ons dat die HERE onder ons is, omdat julle nie hierdie oortreding teen die HERE begaan het nie: nou het julle die kinders van Israel verlos uit die hand van die HERE.
Afrikaans (NLV) 2011 Pinehas, die seun van die priester Eleasar, het vir die mense van Ruben, Gad en Manasse gesê: “Ons weet vandag dat die Here tussen ons is. Julle was nie ontrou aan die Here soos ons gedink het nie. Julle het die Israeliete uit die hand van die Here gered.”
Afrikaans 1933/1953 Toe sê P¡nehas, die seun van Ele sar, die priester, aan die kinders van Ruben en die kinders van Gad en die kinders van Manasse: Vandag weet ons dat die HERE in ons midde is, omdat julle hierdie troubreuk teen die HERE nie begaan het nie; nou het julle die kinders van Israel gered uit die hand van die HERE.
Afrikaans 1983 Pinehas seun van die priester Eleasar het vir die mense van Ruben, Gad en Manasse gesê: “Ons weet nou die Here is by ons; julle was nie ontrou aan die Here nie; julle het Israel aan die straf van die Here laat ontkom.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe sê Pinehas, seun van die priester Eleasar, vir die nageslag van Ruben, Gad en Manasse: “Vandag weet ons dat die Here in ons midde is, dat julle nie hierdie troubreuk teen die Here gepleeg het nie. Julle het dan ook die Israeliete gered uit die hand van die Here. ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Pinehas seun van die priester Eleasar het vir die mense van Ruben, Gad en Manasse gesê: “Ons weet nou dat die Here by ons is, want julle was nie ontrou aan die Here toe julle die altaar gebou het nie. Julle het gekeer sodat die Here nie die Israeliete straf nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe sê Pinehas die seun van die priester Eleasar vir die stamme van Ruben, Gad en die halwe Manassestam: “Nou weet ons die Here is by ons. Julle was nie ontrou aan die Here nie en het nie teen Hom in opstand gekom soos ons gedink het nie. Inteendeel, julle het juis gekeer dat die Here die Israeliete straf.”