Joshua 22:30 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe Pinehas, die priester, en die owerstes van die vergadering en die hoofde van die duisende van Israel wat by hom was, die woorde hoor wat die kinders van Ruben en die kinders van Gad en die kinders van Manasse gespreek het, het dit hulle behaag. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe die priester Pinehas en die leiers van die volksvergadering, die familiehoofde wat by hom was, hoor wat die Rubeniete, Gadiete en mense van Manasse te sê het, was hulle gerusgestel. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe P¡nehas, die priester, en die owerstes van die vergadering, die stamhoofde van Israel wat saam met hom was, die woorde hoor wat die kinders van Ruben en die kinders van Gad en die kinders van Manasse gespreek het, was dit goed in hulle oë. |
| Afrikaans 1983 | Toe die priester Pinehas en die leiers van die volksvergadering en die Israelitiese familiehoofde wat by hom was, hoor wat die mense uit Ruben, Gad en Manasse sê, was hulle tevrede. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe die priester Pinehas en die leiers van die volksvergadering, die hoofde van die leërafdelings van Israel wat by hom was, die verduideliking hoor wat die nageslag van Ruben, Gad en Manasse gee, het hulle dit goedgevind. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe die priester Pinehas en die leiers van die volksvergadering, die hoofde van die familie-groepe van Israel, hoor wat sê die mense van Ruben, Gad en Manasse, was hulle tevrede. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe die priester Pinehas en die ander leiers van die volk wat saam met hom daar was, dié woorde hoor, het dit hulle gerusgestel. |