Joshua 22:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Julle het julle broers al baie dae tot vandag toe nie verlaat nie, maar die diens van die gebod van die HERE julle God onderhou.
Afrikaans (NLV) 2011 Al het dit lank geduur, het julle nooit die ander stamme in die steek gelaat nie. Julle het alles gedoen wat die Here julle God julle beveel het.
Afrikaans 1933/1953 Julle het jul broers nie in die steek gelaat nie -- dit is nou baie dae al tot vandag toe -- en het die ordening van die gebod van die HERE julle God onderhou.
Afrikaans 1983 Julle het hierdie hele tyd tot vandag toe nie julle broers in die steek gelaat nie en julle het gedoen wat die Here julle God julle beveel het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Alreeds vir 'n baie lang tyd, tot vandag toe, het julle nie julle broers in die steek gelaat nie. Julle het die verpligtinge van die Here julle God se opdrag nagekom.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle het hierdie hele lang tyd tot vandag toe nie die ander Israeliete gelos nie en julle het gedoen wat die Here wil hê.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Julle het nie julle broers in die steek gelaat nie, al het die inname van die land so lank geneem. Julle het elke opdrag van die Here julle God nagekom.