Joshua 22:29 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Mag God verhoed dat ons teen die HERE in opstand kom en ons vandag van die HERE afwyk, om 'n altaar te bou vir brandoffers, spysoffers of slagoffers, by die altaar van die HERE onse God wat voor sy tabernakel is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Dis glad nie in ons gedagte om teen die Here in opstand te kom of die rug op Hom te draai deur ons eie altaar te bou vir brandoffers, graanoffers en ander diere-offers nie. Daar is nie ’n ander altaar hiervoor as net die een van die Here ons God wat voor sy tabernakel staan nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Dit is ver van ons dat ons opstandig sou word teen die HERE en vandag afvallig sou word van die HERE deur 'n altaar te bou vir brandoffer, spysoffer en slagoffer naas die altaar van die HERE onse God wat voor sy tabernakel staan. |
| Afrikaans 1983 | Ons dink glad nie daaraan om teen die Here in verset te kom en Hom te verlaat deur 'n altaar te bou vir brandoffers, graanoffers en ander diereoffers bo en behalwe die altaar van die Here ons God voor sy tabernakel nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Nooit sal ons teen die Here in opstand kom nie – deur vandag van die Here af weg te draai, deur 'n altaar te bou vir brandoffers, graanoffers en maaltydoffers, naas die altaar van die Here ons God wat voor sy tabernakel is nie.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ons wil glad nie opstandig wees teen die Here nie, en ons wil nie ophou om Hom te dien nie. Die altaar van ons God die Here is voor sy tempel-tent, en ons het nie 'n ander altaar gebou vir brand-offers en koring-offers nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dit was glad nie ons idee om teen die Here in opstand te kom of die rug vir Hom te draai deur ons eie altaar vir brandoffers en spysoffers en slagoffers te bou nie. Ons weet daar is net een altaar wat hiervoor gebruik kan word, en dit is die een by die tabernakel, die altaar van die Here ons God!” |