Joshua 22:28 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom het ons gesê dat dit sal gebeur as hulle so aan ons of aan ons geslagte in die toekoms sê, dat ons weer kan sê: Kyk na die voorbeeld van die altaar van die HERE wat ons vaders gemaak het, nie vir brandoffers nie, ook nie vir offers nie; maar dit is 'n getuie tussen ons en jou. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ons het by onsself gedink dat as hulle later so iets vir ons of ons nageslag sou sê, dan kan ons nageslag vir hulle sê: ‘Kyk na die afbeelding van die Here se altaar. Ons voorouers het dit nie vir brandoffers of diere-offers gebou nie, maar as ’n gedenkteken tussen ons en julle.’ |
| Afrikaans 1933/1953 | En ons het gedink: As hulle dit later aan ons en ons geslagte sou sê, sal ons sê: Kyk na die boustyl van die altaar van die HERE wat ons vaders gemaak het, nie vir brandoffer en nie vir slagoffer nie, maar 'n getuie is hy tussen ons en julle. |
| Afrikaans 1983 | “Ons het gedink as hulle dit later vir ons of ons nageslag sou sê, sou ons nageslag kon sê: ‘Kyk die model van die Here se altaar. Ons voorvaders het dit gemaak, nie vir brandoffers of ander diereoffers nie, maar as 'n getuie tussen ons en julle.’ |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ons het gedink: As hulle dit in die toekoms vir ons en ons nageslag sou sê, sal ons antwoord, ‘Kyk na die weergawe van die altaar van die Here wat ons voorouers gemaak het – nie vir brandoffers nie, en nie vir slagoffers nie, maar as 'n getuie tussen ons en julle.’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ons het gedink as julle nageslag dit eendag vir ons nageslag sê, dan kan ons nageslag sê: ‘Kyk, daar is die altaar wat ons voorvaders gemaak het, dit lyk soos die Here se altaar. Maar ons gebruik nie die altaar om brand-offers en ander offers te offer nie, die altaar is die getuie tussen ons en julle.’ |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dit was die hele idee daaragter. Want dan sou ons kinders vir julle s’n kon sê: ‘Kyk, hier is ’n afbeelding van die Here se altaar wat ons ouers gemaak het. Dit is nie bedoel vir brandoffers of slagoffers nie, maar as ’n bewys dat ons dieselfde Here dien.’ |