Joshua 22:27 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar dat dit 'n getuie kan wees tussen ons en julle en ons geslagte ná ons, dat ons die diens van die HERE voor sy aangesig kan verrig met ons brandoffers en met ons slagoffers en met ons dankoffers; sodat julle kinders nie mettertyd vir ons kinders mag sê: Julle het geen deel aan die HERE nie.
Afrikaans (NLV) 2011 maar as herinneringsteken vir ons en vir julle en vir ons nageslagte ná ons, dat ons ook die reg het om die Here by sy heiligdom te gaan aanbid met ons brandoffers, ons ander diere-offers en ons maaltydoffers. Julle nageslag sal nie later vir ons nageslag kan sê: ‘Julle het geen deel aan die Here nie.’
Afrikaans 1933/1953 maar dat dit 'n getuie kan wees tussen ons en julle en ons geslagte nons dat ons die diens van die HERE sal waarneem voor sy aangesig met ons brandoffers en ons slagoffers en ons dankoffers, sodat julle kinders later nie aan ons kinders kan sê: Julle het geen deel aan die HERE nie.
Afrikaans 1983 maar as 'n getuie tussen ons en julle en tussen ons nageslagte, dat ons die diens aan die Here by sy heiligdom sal uitvoer met ons brandoffers, ons ander diereoffers en ons maaltydoffers, en dat julle nageslag nie later vir ons s'n sal sê: ‘Julle het nie 'n deel in die Here nie.’
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) maar as 'n getuie tussen ons en julle en tussen ons nageslagte ná ons, om nog die diens van die Here in sy teenwoordigheid te kan verrig met ons brandoffers, slagoffers en maaltydoffers. Julle kinders sal dan nie in die toekoms vir ons kinders kan sê, ‘Julle het geen deel aan die Here nie.’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) die altaar moet 'n getuie wees tussen ons en julle en tussen ons nageslag en julle nageslag. Die altaar moet die getuie wees dat ons sal aanhou om die Here by sy altaar te dien met ons brand-offers, ons ander offers en ons ete-offers. Dan sal julle nageslag nie eendag vir ons nageslag kan sê: ‘Julle behoort nie aan die Here nie.’
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) maar as ’n getuienis. Dit moet ons en julle kinders daaraan herinner dat ons inderdaad ook die Here dien met ons brandoffers en slagoffers en vredesoffers. Dan kan julle kinders nie dalk vir ons s’n sê: ‘Wat het julle met die Here te doen?’ nie.