Joshua 22:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want die HERE het die Jordaan 'n grens gemaak tussen ons en julle, kinders van Ruben en kinders van Gad! julle het geen deel aan die HERE nie; so sal julle kinders ons kinders laat ophou om die HERE te vrees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here het die Jordaanrivier as ’n skeiding tussen ons en julle van Ruben en Gad gestel. Julle het nie deel aan die Here nie!’ Julle nageslag sal dan ons nasate keer om die Here te dien. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die HERE het tog tussen ons en julle, kinders van Ruben en kinders van Gad, die Jordaan as grens gestel; julle het geen deel aan die HERE nie; so sal julle kinders dan maak dat ons kinders die HERE nie meer vrees nie. |
| Afrikaans 1983 | Die Here het 'n grens gestel tussen ons en julle, die Jordaan. Julle het nie 'n deel in die Here nie!’ So sou julle nageslag ons s'n kon verhinder om die Here te dien. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | As 'n grens het die Here tussen ons en julle, nakomelinge van Ruben en Gad, die Jordaan daargestel. Julle het geen deel aan die Here nie.’ Julle kinders sal ons kinders laat ophou om vir die Here ontsag te hê. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het gesê daar moet 'n grens wees tussen ons en julle, dit is die Jordaan-rivier, julle behoort nie aan die Here nie.’ Dan sal julle kinders miskien ons kinders laat ophou om die Here te dien. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here self het tog die Jordaan as ’n duidelike grens tussen ons en julle gestel. Julle het niks met die Here te doen nie.’ Dit kon dalk tot gevolg hê dat ons kinders nie meer die Here wou aanbid nie. |