Joshua 22:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En as ons dit nie eerder gedoen het uit vrees vir hierdie saak nie, deur te sê: Mettertyd sal julle kinders met ons kinders kan spreek en sê: Wat het julle met die HERE, die God van Israel, te doen?
Afrikaans (NLV) 2011 Ons het dit gebou omdat ons bekommerd was dat julle nageslag net oormôre vir ons nasate sal sê: ‘Wat het julle met die Here, die God van Israel, te doen?
Afrikaans 1933/1953 Maar waarlik, ons het dit uit 'n sekere besorgdheid gedoen en gesê: Later sou julle kinders met ons kinders kan spreek en sê: Wat het julle te doen met die HERE, die God van Israel?
Afrikaans 1983 Nee, dit was uit kommer dat ons dit gedoen het. Ons het gedink môre-oormôre sê julle nageslag dalk vir ons s'n: ‘Wat het julle te doen met die Here die God van Israel?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ons sweer dit is uit besorgdheid oor die saak dat ons dit gedoen het. Ons het gedink, in die toekoms sal julle kinders vir ons kinders sê, ‘Wat het julle met die Here, die God van Israel, te doen?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Nee, ons het die altaar gebou omdat ons bekommerd was. Ons het gedink julle kinders sal eendag vir ons kinders sê: ‘Julle behoort nie aan die Here, die God van Israel, nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar nee, dit was uit besorgdheid dat ons dit gedoen het. Ons was bang dat julle kinders dalk in die toekoms vir ons s’n sou sê: ‘Wie gee julle die reg om die Here die God van Israel te aanbid?