Joshua 22:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | dat ons vir ons 'n altaar gebou het om van die HERE af te wyk, of om daarop 'n brandoffer of spysoffer te bring, of om daarop dankoffers te bring, laat die HERE dit self eis; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ons het nie die altaar gebou om ons rug op die Here te draai nie. As ons dit gebou het om daarop brandoffers, graanoffers en maaltydoffers te bring, moet die Here ons straf. |
| Afrikaans 1933/1953 | dat ons 'n altaar vir ons gebou het om van die HERE afvallig te word; en as dit is om daarop 'n brandoffer en spysoffer te bring of om daarop dankoffers te berei, dan mag die HERE self dit wreek. |
| Afrikaans 1983 | Of ons vir ons 'n altaar gebou het om die Here te verlaat en daarop brandoffers, graanoffers en maaltydoffers te bring, dit sal die Here self vasstel. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | As dit was om vir ons 'n altaar te bou om van die Here af weg te draai, en om •brandoffers en •graanoffers daarop te offer, of om •maaltydoffers daarop te bring – die Here, Hy sal rekenskap eis. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here self sal ons straf as ons vir ons 'n altaar gebou het om op te hou om die Here te dien en om brand-offers, koring-offers en ete-offers op die altaar te bring. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As ons teen die Here in opstand gekom het en ons eie altaar gebou het waarop ons brandoffers of graanoffers of vredesoffers wou bring, mag die Here dan self van ons rekenskap eis. |