Joshua 22:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Het Akan, die seun van Serag, nie 'n oortreding begaan deur die bangoed nie, en toorn het oor die hele vergadering van Israel geval? en daardie man het nie alleen in sy ongeregtigheid omgekom nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Was die Here nie briesend vir die hele gemeenskap van Israel toe Akan, die seun van Serag, ontrou was en van die goed van die banvloek gevat het nie? Hy was nie die enigste een wat deur sy sonde dood is nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe Agan, die seun van Serag, hom vergryp het aan die bangoed, het daar nie 'n toorn oor die hele vergadering van Israel gekom nie? En hy self het nie alleen weens sy ongeregtigheid omgekom nie. |
| Afrikaans 1983 | Akan seun van Serag was ontrou met wat aan die Here gewy was, en die toorn het teen die hele Israel losgebreek. Nie net hy het vir sy sonde gesterf nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Het Agan, seun van Serag, nie troubreuk gepleeg met die bangoed, sodat die hele volksvergadering van Israel getref is deur 'n oordeel uit toorn nie? Hy was nie die enigste wat vir sy sondeskuld gesterf het nie.’ ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Akan seun van Serag was ontrou, hy het van die goed gevat wat aan die Here gewy was, en die Here het nie net vir hóm laat sterf oor sy sonde nie, die Here was kwaad vir ál die Israeliete.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Onthou julle wat gebeur het toe Akan die seun van Serag hom vergryp het aan dit wat aan die Here gewy was? Die hele volk het daaronder gely. Dit was nie net hy wat gesterf het oor sy sonde nie!” |