Joshua 22:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) en vir hulle gesê: Julle het alles gehou wat Moses, die kneg van die HERE, julle beveel het, en na my stem geluister in alles wat ek julle beveel het.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het vir hulle gesê: “Julle het pligsgetrou alles nagekom wat Moses, die dienaar van die Here, aan julle opgedra het. Julle het elke opdrag uitgevoer wat ek vir julle gegee het.
Afrikaans 1933/1953 en aan hulle gesê: Julle het alles onderhou wat Moses, die kneg van die HERE, julle beveel het, en julle het na my geluister in alles wat ek julle beveel het.
Afrikaans 1983 en vir hulle gesê: “Julle het alles gedoen wat Moses die dienaar van die Here julle beveel het en julle was gehoorsaam aan alles wat ek julle beveel het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het vir hulle gesê: “Julle het alles wat Moses, die dienskneg van die Here, julle beveel het, nagekom, en julle het my ook gehoorsaam in alles wat ek julle beveel het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) en vir hulle gesê: “Julle het alles gedoen wat Moses, die dienaar van die Here, vir julle gesê het en julle was altyd gehoorsaam aan my.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe sê hy: “Julle het alles gedoen wat Moses gevra het julle moet doen en julle het al my opdragte uitgevoer.