Joshua 22:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar as die land van julle besitting onrein is, trek dan oor na die land van die besitting van die HERE waarin die tabernakel van die HERE woon, en neem onder ons besit; maar wees nie opstandig teen die HERE en kom nie teen ons in opstand nie bou vir jou 'n altaar langs die altaar van die HERE onse God.
Afrikaans (NLV) 2011 As julle grond dan besoedel is, moet julle liewer oorkom na die Here se gebied waar die Here in sy tabernakel woon. Kry liewer grond tussen ons, maar moenie in verset kom teen die Here of ons deel maak van julle verset deur ’n ander altaar vir julleself te bou nie. Daar is net een altaar van die Here ons God.
Afrikaans 1933/1953 As die land van julle besitting egter onrein is, trek dan oor na die eie land van die HERE waar die tabernakel van die HERE gevestig is, en verkry onder ons vaste besittings; maar kom nie teen die HERE in opstand nie, en moenie teen ons opstandig wees deur vir julle 'n altaar te bou naas die altaar van die HERE onse God nie.
Afrikaans 1983 As julle gebied onrein is, kom oor na die Here se eie gebied toe waar sy tabernakel staan, en vat vir julle 'n gebied tussen ons. Maar moenie in verset kom teen die Here en teen ons deur vir julle 'n altaar te bou bo en behalwe die altaar van die Here ons God nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) As die land van julle erfgrond egter •onrein is, kom dan oor na die land van die Here se eiendom, waar die •tabernakel van die Here staan, en kry vir julle erfgrond tussen ons. Maar teen die Here moet julle nie in opstand kom nie, en teen ons moet julle ook nie in opstand kom deur vir julle 'n altaar te bou naas die altaar van die Here ons God nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) As die land wat aan julle behoort, onrein is, dan moet julle kom na die land wat aan die Here self behoort, die land waar sy tempel-tent is, en julle moet vir julle grond vat tussen ons. Maar julle moenie opstandig wees teen die Here en teen ons nie. Julle moenie vir julle 'n eie altaar bou wat nie die altaar van ons God die Here is nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As julle gebied nie geskik is om in te aanbid nie, kom dan oor na ons kant toe waar die Here se tent staan. Dit is die teken van sy teenwoordigheid by ons. Op daardie plek aanbid ons Hom. En as julle grond nodig het om op te kom bly, is ons bereid om met julle te deel. Moet asseblief net nie in opstand kom teen die Here en ons dan ook daarby betrek deur ’n ander altaar te bou nie. Julle weet mos daar kan net een ware altaar vir die Here ons God wees.