Joshua 22:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar dat julle vandag moet afwyk om die HERE te volg? en terwyl julle vandag teen die HERE in opstand kom, sal Hy môre toornig word op die hele vergadering van Israel.
Afrikaans (NLV) 2011 Julle is nou besig om van Hom af weg te dwaal. Julle kom vandag in opstand teen Hom en net môre is Hy woedend teen ons almal in die gemeenskap van Israel.
Afrikaans 1933/1953 En julle wil vandag van die HERE afvallig word! As julle dan vandag in opstand kom teen die HERE, sal Hy môre toornig word op die hele vergadering van Israel.
Afrikaans 1983 Vandag verlaat julle die Here en kom julle in verset teen Hom, môre breek sy toorn los teen die hele Israel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Julle draai vandag weg van die Here af. As julle vandag in opstand teen die Here is, is Hy môre vertoornd vir die hele volksvergadering van Israel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) As julle vandag ophou om die Here te dien en as julle opstandig is teen Hom, dan sal Hy môre kwaad wees vir ál die Israeliete.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) En wat doen julle nou? Julle draai sowaar die rug vir die Here! Besef julle nie dat as julle vandag teen die Here in opstand kom Hy môre vir ons almal wat sy volk is, kwaad sal wees nie?