Joshua 22:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Is die ongeregtigheid van Peor vir ons te min, waarvan ons tot vandag toe nie gereinig is nie, al was daar 'n plaag in die vergadering van die HERE?
Afrikaans (NLV) 2011 Was ons oortreding by Peor nie groot genoeg nie? Ons het tot vandag toe nog nie die smet daarvan afgeskud nie, selfs al het die Here die gemeenskap daarvoor gestraf.
Afrikaans 1933/1953 Is die ongeregtigheid in verband met Peor vir ons nog nie genoeg nie, waarvan ons tot vandag toe ons nie gereinig het nie -- toe die plaag oor die vergadering van die HERE gekom het?
Afrikaans 1983 Was ons sonde by Peor nie erg genoeg nie? Tot vandag toe is ons nie daarvan gereinig nie, ten spyte van die plaag wat die volk van die Here getref het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Is die sonde by Peor, waarvan ons tot vandag toe onsself nog nie gereinig het nie, vir ons onbelangrik? Die plaag het dan teen die volksvergadering van die Here uitgebreek!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ons het voorheen by die stad Peor groot sonde gedoen en die Here het die volk swaar gestraf, maar tot nou toe het ons nog nie weer rein geword nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Was ons sonde by Peor nie erg genoeg nie? Daar het die Here sy eie volk met ’n epidemie getref en ons dra tot vandag toe nog die gevolge daarvan.