Joshua 22:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) So sê die hele vergadering van die HERE: Watter oortreding is dit wat julle teen die God van Israel begaan het, om vandag van die HERE af te wyk deurdat julle vir julle 'n altaar gebou het, sodat julle vandag in opstand kan kom teen die HERE?
Afrikaans (NLV) 2011 “Die volksvergadering van die Here wil by julle hoor hoekom julle so ontrou is aan die God van Israel. Julle het julle rug op die Here gedraai toe julle die altaar gebou het! Julle is mos nou in opstand teen Hom!
Afrikaans 1933/1953 So sê die hele vergadering van die HERE: Wat is dit vir 'n troubreuk wat julle begaan teen die God van Israel, dat julle vandag van die HERE afvallig word deur vir julle 'n altaar te bou, deur vandag teen die HERE in opstand te kom?
Afrikaans 1983 “So sê die hele volksvergadering van die Here: Hoe kon julle dié daad van ontrou begaan teen die God van Israel? Julle het mos nou die Here verlaat toe julle die altaar gebou het! Julle is nou in verset teen Hom!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “So sê die hele volksvergadering van die Here, ‘Wat is die bedoeling van hierdie troubreuk wat julle teen die God van Israel pleeg deur vandag van die Here af weg te draai? Met die bou van 'n altaar vir julleself is julle vandag in opstand teen die Here.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Die volksvergadering van die Here vra: Hoekom is julle ontrou aan die God van Israel? Julle het opgehou om die Here te dien toe julle vir julle 'n altaar gebou het. Julle is nou opstandig teen die Here.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Ons praat namens die hele gemeente van die Here. Hoekom was julle ontrou aan die God van Israel? Toe julle die altaar gebou het, het julle die rug vir die Here gedraai en teen Hom in opstand gekom!