Joshua 22:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle het by die kinders van Ruben en by die kinders van Gad en by die halwe stam van Manasse, in die land Gílead gekom, en hulle het met hulle gespreek en gesê: |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle het by die stamme Ruben, Gad en die halwe Manassestam in Gilead aangekom en vir hulle gesê: |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe hulle by die kinders van Ruben en die kinders van Gad en die halwe stam van Manasse in die land G¡lead kom, het hulle met hulle gespreek en gesê: |
| Afrikaans 1983 | Toe hulle by die stamme in Gilead kom, sê hulle vir die stamme: |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het by die nageslag van Ruben en Gad en die halwe stam van Manasse in die Gileadstreek aangekom, met hulle gepraat en gesê: |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe hulle by die twee en 'n halwe stamme in die land Gilead kom, het hulle vir daardie stamme gesê: |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Met hulle aankoms in Gilead het hulle vir die mense van die stamme Ruben en Gad en die halwe Manassestam gesê: |