Joshua 22:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En saam met hom tien vorste, van elke hoofhuis 'n vors onder al die stamme van Israel; en elkeen was 'n hoof van die huis van hulle vaders onder die duisende van Israel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Tien leiers wat elkeen hoof was van ’n Israelitiese familiegroep, en die tien ander stamme verteenwoordig het, het Pinehas vergesel. |
| Afrikaans 1933/1953 | en tien owerstes saam met hom, vir elke familie van al die stamme van Israel een owerste; en hulle was elkeen 'n familiehoof van die stamme van Israel. |
| Afrikaans 1983 | Saam met Pinehas was daar tien volksleiers, een vir elke stam van Israel, elkeen 'n hoof van 'n Israelitiese familiegroep. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | en saam met hom tien leiers, een leier vir elke stamvader van al die stamme van Israel. Elkeen van hulle was 'n stamhoof van die leërafdelings van Israel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Tien leiers het saam met hom gegaan, 'n leier van elke stam. Elke leier was die hoof van 'n groep families van Israel. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Saam met hom was daar ook tien leiers van die volk, een uit elke stam, elkeen ’n hoof van ’n familiegroep. |