Joshua 22:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe die kinders van Israel dit hoor, het die hele vergadering van die kinders van Israel in Silo bymekaargekom om teen hulle op te trek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | het hulle by Silo saamgetrek om oorlog teen die twee en ’n half stamme te gaan maak. |
| Afrikaans 1933/1953 | toe die kinders van Israel dit hoor, het die hele vergadering van die kinders van Israel bymekaargekom in Silo om op kommando teen hulle op te trek. |
| Afrikaans 1983 | Toe het die hele Israelitiese volksvergadering in Silo bymekaargekom, gereed om oorlog te maak teen die twee stamme en die halwe stam. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe die Israeliete dit hoor, het die hele volksvergadering van die Israeliete byeengekom by Silo om teen hulle op te trek vir die stryd. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe die Israeliete dit hoor, het die hele volksvergadering in Silo bymekaargekom om oorlog te gaan maak teen die twee en 'n halwe stamme. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | het hulle almal by Silo bymekaargekom en gereedgemaak om teen hulle broers aan die oostekant te gaan oorlog maak. |