Joshua 22:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die kinders van Israel het hoor sê: Kyk, die kinders van Ruben en die kinders van Gad en die halwe stam van Manasse het 'n altaar gebou teenoor die land Kanaän, aan die grens van die Jordaan, op die pad van die kinders van Israel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe die ander Israeliete hoor dat die stamme Ruben en Gad en die halwe Manassestam die altaar by Gelilot aan hulle kant in Kanaän opgerig het, |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar toe die kinders van Israel hoor sê: Kyk, die kinders van Ruben en die kinders van Gad en die halwe stam van Manasse het die altaar gebou teenoor die land Kanaän, by die klipkrale van die Jordaan, aan die kant van die kinders van Israel -- |
| Afrikaans 1983 | Die Israeliete het gehoor dat die stamme Ruben en Gad en die halwe Manassestam die altaar gebou het en dat dit teenaan Kanaän by Gelilot aan die Jordaan was, aan die Israeliete se kant. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Israeliete het berig gekry: “Kyk, die nageslag van Ruben en Gad en die halwe stam van Manasse het 'n altaar gebou op die grondgebied van die land Kanaän, by Gelilot langs die Jordaan, aan die Israeliete se kant.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die ander Israeliete het gehoor dat die manne van die twee en 'n halwe stamme 'n altaar gebou het langs die grens van die land Kanaän, by die stad Gelilot naby die Jordaan-rivier. Dit was langs die ander Israeliete se grond. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe die res van die Israeliete hoor dat hierdie stamme ’n altaar by Gelilot aan die westekant van die Jordaan in Kanaän gebou het, |