Joshua 22:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe hulle by die grense van die Jordaan kom, wat in die land Kanaän is, het die kinders van Ruben en die kinders van Gad en die halwe stam van Manasse daar 'n altaar gebou by die Jordaan, 'n groot altaar om na te kyk.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle het by Gelilot by die Jordaanrivier gekom. Dit is nog aan Kanaän se kant van die rivier. Daar het hulle langs die Jordaan ’n baie groot en mooi altaar gebou.
Afrikaans 1933/1953 Toe hulle kom by die klipkrale van die Jordaan, wat in die land Kanaän lê, het die kinders van Ruben en die kinders van Gad en die halwe stam van Manasse daar 'n altaar gebou by die Jordaan, 'n altaar groot van aansien.
Afrikaans 1983 Toe hulle by Gelilot aan die Jordaan in Kanaän kom, bou hulle daar by die Jordaan 'n altaar, 'n groot indrukwekkende altaar.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe hulle by Gelilot kom, wat in die land Kanaän langs die Jordaan is, het die nageslag van Ruben en Gad en die halwe stam van Manasse, daar langs die Jordaan 'n altaar gebou, 'n groot, indrukwekkende altaar.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle het by die stad Gelilot naby die Jordaan-rivier gekom, dit was in die land Kanaän. Die manne van die stamme Ruben en Gad en die halwe Manasse-stam het daar 'n altaar gebou, 'n groot altaar.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Voordat die stamme van Ruben, Gad en die halwe Manassestam die Jordaan oorgesteek het, het hulle ’n groot en indrukwekkende altaar by Gelilot in Kanaän gebou.